|
Fotogallery Eerste Kwartaal 2012
|
|
2012-03-30: Hoog en laag het ons Parkies gesoek en die
Paaseier-jag terdee geniet. |
|
|
|
2012-03-29: Parkieland vier Paasfees. |
|
|
|
2012-03-23: Al die Parklanders is tans besig met die
Dis-Chem Brooklyn Projek. Ons maak mooi Paasfees
prentjies vir Oumas en Oupas wat in ‘n ouetehuis woon.
Die kinders geniet die projek uit hul harte. Mag elke
ouma en oupa wat die prentjies sien, die oorvloed liefde
beleef, waarmee elke Parkie hierdie prente vir hul
gemaak het. |
|
|
|
2012-03-20:
Ons het ‘n heerlike oggend, vol
lekker lag en groot grappe saam oom Etta die
brandweerman gehad. Hy het ons kom leer hoe gevaarlik
vuur is en hoe ons noodsituasies moet handteer. Die
Gr.R’e het dit vreeslik geniet om op ‘n minder ernstige
manier van ernstige gevare te lees. Dra jul
veiligheidsgordels Parkies en onthou die rookalarm! |
|
|
|
2012-03-05:
Parkieland het gespog met ons vyf
pare tweelinge in 3 Maart se Beeld uitgawe. |
 |
|
2012-03-02: Borrelpret 2012: Gladde seep, gladde
plastiek, borrels, ronde balle en skeerroom – wat meer
kan ‘n klein Parkie vra? Dit was VET PRET!! – dankie aan
al die Juffouens! |
|
|
|
2012-03-01:
Die Pretloop was weer ‘n wegholsukses.
Ons Parkieland families het groot pret gehad en van
vroeg tot laat om die baan baljaar. |
|
|
|
2012-02-28: Ons het gaan loer hoe slim ons Parkies
word in klastyd en gesien hoe ons maatjies hul
kosblikkies geniet, wat mamma met soveel liefde vir
ons voorberei. Parkieland is pret!! |
|
|
|
2012-02-27: Parkieland spog weer in 2012 met 5
tweelinge. Nadat ons groot nuus gemaak het in 2011
met ons vyf groepe tweelinge, kan ons hierdie jaar
weer met 'n nuwe groep dubbele vreugde spog. Ons
voel baie geseënd om weer vyf pare tweelinge in ons
midde te hê |
|
|
|
2012-02-24: Juffrou Minelize se klasmammas het vir
haar 'n heerlike partytjie gehou. Sy is bederf met
'n pragtige koek,die mooiste blomme en oulike
geskenke. Baie geluk juffrou Minelize! |
|
|
|
2012-02-24: Dansiedag was 'n groot sukses by ons
Gr.R'e. Na harde werk en oefening het ons klasse vir
mekaar gewys hoe oulik ons in groepe kan saamwerk. Elke
juffrou het haar eie liedjies gekies om die klas te
verteenwoordig en die kinders het dit baie geniet om in
die buitelug pret te hê! |
|
|
|
2012-02-14: Die DBV het by ons kom kuier op
Hartjie-my-Liefiedag! |
|
|
|
2012-02-10: Gr.R besoek die biblioteek by die
laerskool en koop by die snoepie daarna. Dit was so
lekker! |
|
|
|
2012-02-10: Gr.000 besoek die biblioteek by die
laerskool, dit was so
lekker! |
|
|
|
2012-02-01: Op 1 Februarie het al die Parkieland
mammas by die skool bymekaar gekom vir 'n heerlike
saamkuier, kenmekaar en inligtingsaand. Daar was gelag,
geëet en baie gesels - soos wat net 'n klomp vrouens kan
doen. Elkeen het 'n vilt-borsspeld gemaak en die
eindprodukte wad pragtig! |
|
|