Visie en Missie   |  
Welkom
Bestuur
Algemeen
 
Meer oor ons
Kommunikasie
Fotogallery
Kontak ons
 
Laerskool Menlopark
Hoërskool Menlopark

 

   
 
Visie en Missie
 
Visie:                                                                                       
Om gelukkige, selfversekerde kleuters na die Laerskool te stuur. Daarom is ons leuse: Parkieland is pret!
 
Missie:                                                                                    
Die verskaffing van voortreflike en relevante onderwys.
 
Doelstellings:                                                                           
Om ons visie te bereik volg ons die Graad R-sillabus wat Geletterdheid, Gesyferdheid en Lewensvaardigheid insluit – dit word in ons dagprogram geïnkorporeer.
 
Dagprogram:                                                                           
Met informele aanbieding van die dagprogram ontwikkel die kleuter skoolgereedheid op die volgende gebiede:
  • Sosiaal
  • Groot-motories
  • Fyn-motories
  • Taal
  • Persepsueel
  • Kognitief
  • Emosioneel
 
Ons program word daagliks gemonitor deur:
  • Waarneming en assessering
  • Gereelde vorderingsverslae aan ouers
Probleemareas word dadelik verwys na opvoedkundige dienste, byvoorbeeld spraak- en arbeidsterapeute.
 
Kleuters kry ook daagliks geleentheid om aan gespesialiseerde aktiwiteite deel te neem, byvoorbeeld, rekenaarklasse, wiskunde, musiek, skaak, judo, tennis, netbal, krieket, rugby, ballet,  pottebakkery, swem, ontwerp en tegnologie, gholf en Playball.
Parkieland werk nou saam met die Laerskool en veral saam met die grondslagfase.
 
Ouerbetrokkenheid is vir ons ‘n groot prioriteit en dit word bestuur deur daaglikse gesprekke en ‘n stelsel van klasverteenwoordigers en ‘n ouer-onderwyser-komitee wat help met al ons fondsinsamelingsprojekte.
©  Parkieland 2012