PARKIELAND KLEUTERSKOOL

Wees Fier, Wees Trots

Opvoedkundige
Uitnemendheid

Ons kombineer topgehalte onderwys met kreatiewe ontwikkeling om elke kind se unieke potensiaal te ontgin.

Liefdevolle
Gemeenskap

In ons liefdevolle omgewing werk personeel en ouers saam om ‘n veilige en ondersteunende atmosfeer vir elke kind te skep.

Toekomsgerigte
Voorbereiding

Met ons holistiese benadering tot onderwys, berei ons kleuters voor op sukses in die laerskool en verder.

Waar Elke Letter 'n Belofte is

Welkom by Parkieland, waar ons nie net ‘n kleuterskool is nie, maar ‘n familie wat saamwerk om ‘n unieke, liefdevolle en groei-gedrewe omgewing vir ons kinders te skep.

Passie vir kinders

Anker in God

Regverdigheid

Kindwees

Individualiteit

Eiewaarde

Liefde

Andersheid

Nederigheid

Doel van die lewe

Ons waardes

Wat maak ons anders?

Parkie-wees is ‘n fees!

Uit die Hoof se Pen

PARKIELAND IS PRET – dit is wat ons skool so uniek en geliefd maak. Ons harte klop groen en geel – ons skool se unieke en uitkenbare kleure.

Elke kind is vir ons belangrik en spesiaal. Ons passievolle personeel gaan uit hulle pad om te verseker dat elke kindjie geborge voel. Parkieland se personeel werk as ‘n span saam om die sukses van ons skool te verseker. Ons beskik oor hoë werksetiek en werkstrots, en glo dat die kinders se geluk eerste kom.

Sedert Parkieland se deure in 2001 geopen het, rus God se seën op ons skool en beleef ons Sy daaglikse genade.

Parkieland spog met tien uitstekende voorbereidende klasse wat 2- tot 3-jariges, 3- tot 4-jariges, en 4- tot 5-jariges akkommodeer. Ons is geleë op die gronde van die geliefde Laerskool Menlopark. Elke klas beskik ook oor sy eie fantasie-area. Dit is hier waar elke kind se potensiaal ontgin word deur kreatief skeppend besig te wees. Die kinders word daagliks gelei tot kreatiewe en vrye denke deur middel van probleemoplossings. Elke klas beskik oor ‘n Gegradueerde Onderwyseres en ons maak ook gebruik van Onderwysstudente om ons met die opvoedkundige aspekte te help.

In ons drie buitespel-areas stimuleer ons nie slegs grootspierontwikkeling nie, maar ook fantasie, kreatiewe denke en sensopatiese stimulasie. Elke speel-area is ontwerp om maksimum benutting te verseker. Daar word van die Laerskool se rugbyveld gebruik gemaak om grootspierontwikkeling te bevorder en sommer net vrylik te hardloop en die ruimte optimaal te geniet en te benut.

Parkieland is in noue samewerking met die Laerskool se Gr. R sentrum, sowel as die Grondslagfase om te verseker dat ons kleuters se voorvaardighede tot op ‘n hoë vlak ontwikkel wat optimale skoolgereedheid verseker.

‘n Baie betrokke ouergemeenskap in Parkieland dra by tot die gemoedelike en warm atmosfeer wat heers by die skool. Daardeur word die kinders bevoordeel en ondersteun in alle aktiwiteite wat by die skool plaasvind. Parkieland-ouers vorm ‘n belangrike vennootskap met die skool wat die kinders se ontwikkeling voorop stel.

Hier put ons genot daaruit om te sien hoe ons kinders in totaliteit ontwikkel, emosioneel groei en vaardighede bemeester.

Parkieland is VOORWAAR PRET

Klasgroepe

Graad RRRR

Ons 2- tot 3-jariges is ons jongste maats in die skool.

Graad RRR

Die lewendige 3- tot 4-jariges word voorberei vir Gr. 00

Graad RR

Dit is ‘n groot jaar vir die 4- tot 5-jariges, want Gr. R wink!

Skoolfonds

Halfdag - Opsie 1

11 maande
R 3 420
00
per maand
  • 1 Januarie tot 1 November
  • R37 620 per jaar

Halfdag - Opsie 2

12 maande
R 3 135
00
per maand
  • 1 Januarie tot 1 Desember
  • R37 620 per jaar

Voldag - Opsie 1

11 maande
R 5 279
00
per maand
  • 1 Januarie tot 1 November
  • R58 069 per jaar

Voldag - Opsie 1

12 maande
R 4 839
08
per maand
  • 1 Januarie tot 1 Desember
  • R58 069 per jaar

Ons Visie & Missie

Visie

Om gelukkige, selfversekerde kleuters na die Laerskool te stuur. Daarom is ons leuse: Parkieland is pret!

Missie

Die verskaffing van voortreflike en relevante onderwys.

Doelstellings

Om ons visie te bereik volg ons die Graad R-kurrikulum wat Taal, Wiskunde en Lewensvaardigheid insluit – dit word in ons dagprogram geïnkorporeer.